Soos almal weet en verstaan vind die toekoms van jag in Suid Afrika sy beslag in etiese en bewaringsbewuste aksies van huidige jagters. Die algemene ouderdom van huidige jagters is besig om stelselmatig toe te neem en daarom bied die NKJV jaarliks ‘n “winter skool” aan vir junior jagters. (15 – 18 jaar). Oor die jare (dekades) heen het die kursus een van die NKJV se sleutel aanbiedinge geword.

Die doel van die winter skool is om junior jagters vroegtydig te onderrig in die verskeie aspekte and etiese en veilige jagpraktyke om te verseker dat hulle ten volle toegerus is om in die toekoms hulle plek vol te staan as lede en dalk leiers van ‘n gemeenskap van etiese jagters.

Herewith a video of some previous winter schools’ highlights

To access more information of the typical programme of the winter school click here.