Marrick skietbaan is weer oop vir alle opbetaalde NKJV lede.

Spesiale tarief vir lede – R50.00 per uur per persoon.
Onbeperkte hoeveelheid besprekings – R400. 00 geldig vir 3 maande.

Besprekings kan aanlyn op Skedda (besonderhede by Marrick kantoor) gedoen word of die kantoor by Marrick kan gekontak word.
Maksimum twee ure periodes kan aaneen geboek word.
Indien lede op ‘n Saterdag of Sondag wil bespreek, moet dit voor Vrydag middag 16H00 gedoen word.
Geen nuwe besprekings gedurende die naweek kan gemaak word nie. Beplan voor die naweek.

Neem eie teikens saam.
By aankoms, skakel die kantoor vir toegang tot die plaas, ry tot by die kantoor, vul die skietbaan register in en betaal.
Jy sal ‘n kontrole kry wat die skietbaan se hek oopmaak.
Skiet klaar, verwyder jou teikens en doppies en gaan handig weer die kontrole in by die kantoor.
Alle gebruikers moet die register gaan invul, assebief.

Kom asseblief die reëls na, dit is ‘n vergunning!